1. WIE SE WYSIE
Leidrade word saamgestel soos die kunstenaar, ‘n reël uit die liedjie, ‘n woord uit die titel, en ‘n stukkie van die liedjie wat gespeel word.
BV: THAT DON’T IMPRESS ME MUCH
Reel: So you’re a rocket scientist
Woord: Impress
Kunstenaar: Shania Twain
2. NOOTASSOSIASIE
Prentjies word voor die tyd saamgestel. Speel ‘n liedjie wat by een van die prentjies pas
BV: Ballerina, Seerower, Hondjie, Bokser
Liedjie: DANCING QUEEN
3. INTRO SPEL
Speel die inleiding van ‘n liedjie tot voor die kunstenaar begin sing.
BV: THE FINAL COUNTDOWN
‘n Vraag oor die liedjie of kunstenaar kan dan gevra word vir ekstra punte
4. 4 x 4 SPEL
Gebruik die fotos van kunstenaars; leidrade oor een of meer van die kunstenaars kan gegee word of speel slegs ‘n liedjie wat by een van die kunstenaars pas.
BV: Bryan Adams, Josh Groban, Michael Jackson, Phil Collins
Liedjie: YOU RAISE ME UP
5. VOORPROGRAM
Gee leidrade oor ‘n liedjie en die eerste een om te druk moet saam met die liedjie verder sing bv:
Billy Ray Cyrus, Hart, Begin met “Don’t”
Liedjie: ACHY BREAKY HEART
6. MEDLEY SPEL
Speel ‘n gedeelte van ‘n liedjie en stop op enige stadium. Die eerste een om te druk en die reël wat daarna volg voltooi, verdien die punte.
7. NOOT VIR NOOT SPEL
‘n Leidraad word gegee en net ‘n kort stukkie van die liedjie word gespeel of gebruik een van die klankverwringingsfunksies.
BV: Die aandrok spel gevaar:
Liedjie: LADY IN RED
8. BOERPOT
Speel uittreksels uit 4 liedjies; om te wen moet almal korrek geïdentifiseer word of bepaal self jou eie wen kondisies soos byvoorbeeld 2 uit 4, 3 uit 4 ens. |