QuickTime VideoHier is 'n voorsmaakie vir Reeks 34
(gebruik Apple QuickTime Viewer).

Meer inligting volg binnekort.

Ons is terug !

Noot vir Noot reeks 34 skop af op die 18e Junie so midde in die FIFA Wêreldbeker reeks op SABC2!

Ons was weer heerlik "aan die speel"‘ met nuwe idees om die program oudergewoonte weer so 'n wip hier en daar  met n nuwigheid te gee!
Daar is weer 'n snelvuur afdeling waarin die deelnemers teen die klok moet jaag en hulle algemene musiek kennis op die proef stel.
Hierdie een gaan julle baie geniet!

Die kunstenaars is vanselfsprekend weer van ons land se bestes uit die boonste rakke. Kyk gerus na die kunstenaarslys op ons webwerf.
Julle is natuurlik altyd welkom om julle opinies te gee en dalk met voorstelle vorendag te kom. Ons baseer altyd die samestelling van sangers  om ons kykers se gunstelinge.
Die lokvideo gee so 'n voorsmakie van wat aan die kom is. Jy kan sommer sien dat die musiekfabriek weer kookwater is!

Glo ons gerus … reeks 34 is weer gatskop vermaak en Noot vir Noot op sy beste.
Ons sien uit na die volgende 22 weke saam op n Vrydag aand.

Neem tog net kennis van die skedule veranderinge ten opsigte van uitsaaitye as gevolg van sokker uitsendings. Dit affekteer ons 19h30 afsprake hier aan die begin van die reeks en daarna is dit terug na normaal.

Die volgende opnames vind gedurende Augustus plaas en as jy n gehoorlid wil wees kan jy gerus na besonderhede op die webwerf kyk.
Geniet Noot vir Noot 34 saam met ons! Dis altyd vir die span 'n hoogtepunt van die week om hierdie 'agteroorsit-lekker lag-prêt-saamsing-speel’ gesinsvermaak  met julle te deel.

Ons doen dit al die afgelope 20 jaar saam ! Dankie vir  geslagte se getroue ondersteuning. Noot vir Noot is niks sonder sy kykers nie !

 

 

Nuusbrokkies

View site in English

Kontak Noot vir Noot

SABC 2 Vrydae 19:30

Heruitsending
SABC 2 Saterdae 20:00

Klanktoerusting verskaf deur:

CDs:
Johan Stemmet het 'n nuwe CD uitgereik: Reisiger.
Vir meer inligting gaan na www.johanstemmet.co.za

Bordspeletjies:
Die Bordspeletjie is tans uitverkoop.

Oudisies vir Sangers:
As jy dink jy staan ‘n goeie kans om genooi te word, stuur dan gerus vir ons ‘n CD en CV na:

STEMMBURG TELEVISIE
POSBUS 44448
LINDEN
2104

Inligting vir Kunstenaars:
Ons stuur graag aan al die private kunstenaars wat vir ons oudisie CD’s gestuur het ’n brief wat die ontvangs van die CD erken. Ongelukkig het die aantal CD's (en die posgeld) so geweldig toegeneem dat ons in die toekoms slegs per e-pos gaan kommunikeer. Maak dus asb seker dat u ‘n e-pos adres ook voorsien. Baie dankie

section 51