Besprekings vir Gehoor:
Stuur asb ‘n epos met u naam, kontak besonderhede en hoeveel kaartjies
verlang word na:
gehoor@noot.co.za
Die program verskyn reeds die afgelope 15 jaar gereeld onder die top 10 vir Afrikaanse en Engelse programme. Noot vir Noot het ook reeds herhaaldelik op die top 10 lys vir alle rasse verskyn en die kyksyfer is gereeld die hoogste van enige televisiestasie in Suid-Afrika.
In 1997 het LONDON WEEKEND TELEVISION die formaatregte vir Noot vir Noot van STEMMBURG TELEVISIE gekoop en onder die titel "Michael Barrymore's My Kind of Music" in Brittanje gebeeldsend. Ook daar is die program geweldig suksesvol.

Het jy nog altyd gewonder hoe word Noot vir Noot gemaak? Jy is welkom om te kom kyk en ‘n interessante aandjie saam met die Noot vir Noot span deur te bring. Daar is gemiddeld 200 mense in die gehoor tydens elke opname. Gedurende ‘n opnamesessie word twee programme opgeneem met ‘n kort pouse tussenin.
Opnames vind plaas by die SAUK, HENLEY TELEVISIE FASILITEITE, in Auckland Park, Johannesburg.
Dit is belangrik om ten minste 30 min voor die opnames aan te meld by “TV Ontvangs”, Ingang no 7, om te verseker dat jy ‘n sitplek kry. Die Gehoorkoördineerder ontvang alle gaste persoonlik en neem hulle na die ateljee. Veilige betaal parkering is beskikbaar by Ingang no 4 en 6.
Bespreek jou plek so gou as moontlik op die
Noot vir Noot waglys!
Toegang is gratis, maar slegs kaartjiehouers word toegelaat. Babas, kleuters en voorskoolse kinders kan ongelukkig nie die opnames bywoon nie.
Stuur asb ‘n e-pos met al jou besonderhede aan:
E-pos: lianajordaan@yahoo.com
Faks: 086 612 7870
Sodra jou naam bo-aan die waglys is sal iemand jou kontak om jou in kennis te stel van die datum waarop jy ‘n opname kan bywoon.
Padkaart Link na GoogleMap