SMS Kompetisie

SMS KompetisieOns kykers kan uitsien na ons weeklikse  Noot vir Noot, SMS kompetisies. Daar is vier verskillende sms-kompetisies waaraan die kykers kan deelneem terwyl die program uitgesaai word. Elke kompetisie het ’n kontant prys van R1000 wat deur ABSA geborg word en die kykers kan self besluit aan watter van die vier (of al vier) kompetisies hy/sy wil deelneem. Elke kompetisie word geidentifiseer deur A, B,C of D. Elke kompetisie het ‘n keuse van twee antwoorde. Die kyker moet besluit watter keuse die korrekte een is en dan sms hy/sy alleenlik A1, A2 of B1, B2 of C1, C2 ens. na die nommer wat dieselfde bly, 33122

Die vier speletjies is versprei oor die hele program en om die kykers voldoende kans te gee om deel te neem bly daar te min tyd oor om die wenners te kies en ook nog bekend te maak. Die name van elke week se vier kompetisie wenners sal aan die einde van die volgende week se program vertoon word. Ook sal elkeen van die wenners persoonlik geskakel word om al die persoonlike besonderhede te verkry en seker te maak dat hulle weet dat hulle die pryse gewen het. Ook sal die wenners se name elke week op hierdie webwerf verskyn. Lekker Speel!!!

Program 1
A2 Leon Schuster Philippus Olivier Middelburg
B1 Trompie Meisie Reyneke Volksrust

C1 And to love you Anné Franke Moreleta Park

D1 … Sal jy die boere kom lei Jamayne De Bruyn Kimberley

Program 2
A1 Bosveldklong Bettie Bedod Malmesbury

B2 Ballonne Baby Lewis Springs

C2 Wyntyd in die Kaap Isabel Adolph Rusterval

D2 Player 23 Sylvia Nieuwoudt Parow-Wes