Die Musiekfabriek is seker een van die bekendste orkeste in Suid-Afrika. Met byna 400 Noot vir Noot uitsendings agter die rug hou ons beslis die rekord vir die orkes met die meeste uitsaai ure sedert die begin van televisie in 1975.
Ten spyte van sy bekendheid het die Musiekfabriek egter nog nooit ‘n CD van sy eie gemaak nie, altans tot nou toe! Op aandrang van die kykerspubliek is die Musiekfabriek se eerste CD in 2006 gemaak. Maar wat sou ons speel? Wat sou die publiek wou hoor? Is daar ‘n sekere tipe musiek wat ons beter speel as ander? Omdat ons oor die jare al meer as 300 verskillende kunstenaars begelei het het ons besef dat hierdie orkes geassosieer word met keurspele. Ons het toe 10 interessante keurspele van die afgelope twee reekse gekies en hulle aangepas in opwindende instrumentale snitte. Die resultaat is 50 tipiese Noot vir Noot liedjies wat op ‘n vars en splinternuwe manier gespeel word soos net die Musiekfabriek dit kan doen.
Die groot verskeidenheid en vinnig-wisselende tempos en musiekstyle maak dit ‘n baie geskikte CD vir ‘n aand se lekker sokkie. En die waaghalse wat saam wil sing, julle is baie welkom!
Dit was vir die Musiekfabriek baie lekker om hierdie CD te maak en ons vertrou dat almal wat hierna gaan luister dit net so sal geniet.
Die CD is by alle goeie musiek winkels beskikbaar.
Verjaarsdag: 23 Januarie
Huwelikstatus: Getroud
Beroep: Musikant
Tans besig met: Deesdae hou hy homself uit die kwaad met frisbee en in 2004 het hy vir Suid-Afrika se gemengde span in die wêreldbeker in Finland gespeel. Hy speel vir die Johannesburgse span en het al gereeld in nasionale toernooie teen Kaapstad en Durban meegeding. Dié sport word Ultimate Frisbee genoem.
Riaan was boonop by talle bands betrokke en hy het hom in ‘n groot verskeidenheid style en genres bekwaam. Van die groepe waarin hy al gespeel het, was: Musik Ye Afrika (African Traditional), Khoi-Trans (Afro-Fusion), Kwacha (African), Naked (Pop/Rock), Interzone (Acid Jazz), Mondetta (World Music), Jungabeez (Electronic World Dance) en Mikanic (SA Pop).
Maar dis stééds nie al nie: In die Afrikaanse mark het hy saam met bekendes soos Pieter Smit, Dozi, Johan Stemmet, Rina Hugo, Laurinda Hofmeyer en Anton Goosen te toer.
E-mail: rvr@riaan.net www.riaan.net
E-mail: rvr@riaan.net www.riaan.net
Birthday: 17 December
Status: Married to Roxanne
Profesion: Musician/Song Writer
Currently: Over the past number of years David has been involved in many facets of the music industry including studio sessions, theatre and live productions. More recently he’s been the drummer for SABC2’s “Strictly Come Dancing” as well as one of two drummers on “Sweepslag”. He’s been part of the “IDOLS” team for the past few years and will feature again in the upcoming season.
He’s worked with many of the country’s best known artists such as Danny K, Sibongile Mngoma, Nianel, Louise Carver, Jazz guitarist Ernie Smith, Afrikaans music icons like Mathys Roets (with whom he has recorded 2 live DVD's), Lize Beekman, Anna Davel, Chris Chameleon and Amanda Strydom.
He’s involved with a number of studio recordings and is the drummer on Hugh Masekela’s latest project.
To get in touch with David, contact him at firstklassmusic@yahoo.com
Verjaarsdag: 18 Junie
Beroep: Musikant
Tans besig met: Jaconell Mouton is 'n vryskut musikant wat as "live" en "session" musikant saam met verskillende kunstenaars en vervaardigers werk. Sy is oorspronlik van die Wes-Kaap, maar bly sedert 1998 in Gauteng.
As ontspanning hou sy daarvan om muurbal te speel en fotografie te doen.
E-mail: jaconell@mighty.co.za
Birthday: 30 June
Status: Married to Alison, parents of Nathan
Profesion: Musician/Worship director
Currently: Besides the odd gig and recording session, I head up the worship department at a wonderful church. Besides worship leading I write, arrange and transcribe music there. I am also setting up a music/arts department within the church. A solo album with a real world music flavour is also busy coming together.
Enjoy: My hobby is archery; like Johan I have an interest in astronomy. My favourite sport is Moto GP motorbikes. I grew up on a farm so nature, hiking in the mountains and the outdoors do it for me. Spending time with my wonderful family is the best, and spending time in the awesome Presence of God, well - indescribable!
E-mail: luke@revivalministry.co.za
Birthday: 18 Septermber
Status: Ongetroud
Profession: Musikant
Ek het begin viool speel op ouderdom tien. Reeds op elf jaar het ek saam met orkeste die wêreld begin toer: Italië, Oostenryk, Engeland, Zimbabwe (back in the day), Swaziland en meer.
In 2001 het die bas kitaar gogga my gebyt en in 2007 het ek my Musiek graad by Tswane University of Technology voltooi.
Ek is ‘n “freelance” bass en viool speler. Ek het al saam met verskeie kunstenaars opgetree, onder meer, Ghapi, Nicholis Louw, Stefan Ludick, Jesse Clegg, en vele meer.
Aan die einde van 2008 het die vlieg gogga my gebyt, en in die middel van 2009 begin met my vlieg lisensie. Ek het ‘n groot passie daarvoor, maar musiek bly nogsteeds my eerste liefde en ek sal dit nie sommer verruil vir enigiets anders nie
E-mail: ann@musician.org
Kliek hier vir die Musiekfabriek CD se Lirieke en Snitte...