Program

Dit gaan in ‘n mindere mate oor of jy die musiek ken of nie. Jy moet tog die musiek ken om saam te kan speel en die kompetisie lê dan in wie van die deelnemers eerste die liedjie in kompetisievorm herken.

Die sukses van die program is ook gebaseer op die feit dat die vervaardigers gereeld geringe veranderinge t.o.v. speletjies aanbring sonder om aan die wenresep te peuter.

Verder vind die uiteenlopendheid van gaskunstenaars groot byval by kykers want daar is altyd iets wat in almal se smaak val in 'n reeks van 14 programme. Die program het homself oor die jare bewys as 'n gesogte platform vir gevestigde en nuwe kunstenaars.

Die vervaardigers het onderneem om Noot vir Noot vir die Suid-Afrikaanse publiek aan te bied vir solank hulle daarna wil kyk en dit geniet. Sodra die belangstelling kwyn sal die bestaansreg van Noot vir Noot weer heroorweeg word maar te oordeel aan die konstante styging in kyksyfers met elke reeks, is die einde van hierdie uiters gewilde TV musiekspeletjie nog lank nie in sig nie.

Die Speletjies

Wie se wysie
Noot-Assosiasie

Wie se Wysie

Noot Assosiasie

 
 
Algemene Kennis
Intro Spel
Algemene Kennis
Intro Spel
   
Legkaart
Voorprogram
Legkaart Spel
Voorprogram
 
 
Wat Volg
SMS Kompetisie
Wat Volg
SMS Kompetisie
 
 
Noot vir Noot
Boerpot
Noot vir Noot Spel
Maak of breek / Boerpot
 
 

Memos

Die Bordspeletjie word ongelukkig nie meer vervaardig nie a.g.v hoe koste verbonde aan musiek regte.