Noot vir Noot Span

Johan StemmetJohan Stemmet

Johan is n boorling van Namakwaland . Hy is op Springbok gebore en het op Kleinzee, ‘n diamantmyndorpie, grootgeword.

Johan Stemmet is met Colleen, ‘n hoërskool Wiskunde onderwyseres en adjunkhoof  in Johannersburg , getroud . Hulle het twee seuns, Carl en Etienne. Carl is ‘n aspirant rolprentvervaardiger wat tans sy Meesters graad in " Directing and scriptwriting" aan TUKKIES voltooi. Etienne is besig met sy Honeurs graad in die rekenaarwese op TUKKIES. Hy spesialiseer in Multimedia en komponeer musiek en doen klankontwerp vir rekenaarspeletjies en rolprente.

Kinderjare: Kleinzee, Namakwaland groot geword.
Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad.
Studentejare:

Universiteit van Stellenbosch en
Nagraads aan Universiteit van Kaapstad.

As Onderwyser: Hoër Seunskool Rondebosch, vakhoof Afrikaans eerste taal en Geskiedenis.
As Kunstenaar: Tree vir 30 jaar landswyd op. 12 Albums gemaak.
As TV aanbieder: Bied ononderbroke die afgelope 30 jaar aan vanaf 1980.
As TV vervaardiger:
  • Treffers van toeka tot nou
  • My land my lied (reeks)
  • Teletreffers (reeks)
  • Debuut (reeks)
  • Nana Mouskouri
  • FAK Musiekfeeste
  • Crescendo
  • Dekade van 80
  • Gé sing (reeks)
  • Persoonlikheidsprogramme met verskeie kunstenaars
  • Noot vir Noot (reeks)
  • Woordwoeker vir kykNET (reeks)
  • a Word or 2 (reeks)
  • Swaaipad van die Swartkraai (reisprogram kykNET)
  • Fly the beloved country (reisprogram SABC)
  • Wise Up!
Toekenings en nominasies:
Nominasie Sarie toekenning: Beste Afrikaanse langspeler: Bianca
Nominasies ARTES: Beste regisseur , Beste aanbieder , Beste bydrae tot musiek , Beste bydrae verskeidenheids programme
Burgermeesters toekenning:

Vir bydrae tot Johannesburgse eeufees

Goue penning: Vir uitstaande jeugdiens en Orde vriend van die Voortrekkers
Artes: Noot vir Noot
SABC Golden Plume Award: Bydrae tot 30 jaar se TV in Suid Afrika
SAFTA Award: Vir beste speeletjies reeks in 2010


Vir meer inligting oor Johan Stemmet besoek gerus www.johanstemmet.co.za

Terug

Johan van RensburgJohan van Rensburg

Johan is ’n ou Potchefstromer. Hy is daar gebore, het daar skool gegaan, geswot en daar begin werk as dosent in musiek aan die Konservatorium. Om die waarheid te sê, hy het sy eerste 35 jaar daar deurgebring.

Gedurende sy studentejare aan die destydse PU vir CHO, was Johan eers lid en later leier van die bekende Alabama Studentegeselskap. Onder sy musiekleiding het Alabama se heel eerste Revue in 1967 op die planke verskyn en was hy aktief betrokke by hierdie groep tot in 1980. Vir die afgelope (ongeveer) 20 jaar is hy die ere-president van hierdie studente organisasie en bly hy dus in voeling met hulle doen en late.

Gedurende sy Alabama jare het hy vir Rina Hugo ontmoet en die twee is in 1971 getroud. Kort daarna het albei hulle musiekstudies vir twee jaar in Boston, VSA voort gesit en eers in 1976 met ’n gesin begin. Riaan was eerste en bietjie later Anri. Riaan het intussen ook musiek studeer en is vandag professionele musikant en getroud. Anri het wel vroeg in 2006 in die huwelik getree met Etienne van der Linde en hou haarself steeds besig met fotografiese modelwerk, grafiese ontwerp en meer onlangs as DJ. Anri ontwerp veral baie CD omslae en haar werk word herken deur haar handelsmerk, Dream Out Loud.

Johan het oor die jare baie musiek gekomponeer en verwerk, veral vir radio en televisieprogramme. By hulle huis in Randburg het hy ’n goed toegeruste musiek ateljee waar meeste van hierdie produkte gemaak word. Baie van Rina se begeleiding vir haar konserte en CD’s kom ook uit hierdie ateljee sowel as Johan se enigste CD, Die Tekkie-rag.

Behalwe die musiek wat hy maak is Johan se ander stokperdjie sy belangstelling in die sterre en alles wat te make het met die hemelruim. Hy hou daarvan om so nou en dan gholf te speel, maar kry sy eintlike oefening met sy ander geliefde sport... snoeker.

Terug

Elsa CollingElsa Colling

Gebore: 3 Julie 1962
Beroep: Regisseur
Opleiding: Sasolburg Hoërskool, Televisie Produksie Opleiding

Vorige en ander produksies:
  • Lewendige Nuus Produksies Debuut (reeks)
  • Debuut (reeks)
  • Artes 1998 (lewendig)
  • Aand van Goue oomblikke
  • Teletreffers (reeks)
  • Staatspresident Lente Konsert
  • Dekade van ‘80

  • a Word or 2 (reeks)
  • Woordwoeker (reeks)
  • Swaaipad van die Swartkraai (reisprogram kykNET)
  • Fly the beloved country (reisprogram)
  • Wise Up!
  • Noot vir Noot
  • Crescendo

  • Geniet: Ek is baie lief vir lees, veral historiese verhale en om myself op my rekenaar besig te hou.
    E-mail: elsa@noot.co.za

    Terug

    Andries Pieterse

    Andries PieterseGebore: 26 Augustus 1979
    Huwelikstatus: Getroud, met Isabel
    Beroep: Produksie Bestuurder
    Opleiding: Hoër Volkskool, Heidelberg, Gauteng. Tersiêre opleiding by die Educational Institute of the USA Tans besig met: Wise Up! Ander produksies: a Word or 2 (reeks) Woordwoeker (reeks) Swaaipad van die Swartkraai (reisprogram kykNET) Fly the beloved country (reisprogram) Wise Up!
    Geniet: Ek speel graag gholf as ek tyd kry en is mal oor die Bosveld, braaivleis, goeie rooiwyn en die Travel Channel.
    E-mail: andries@noot.co.za

    Terug

    Adair Le Pere

    Adair Le PereGebore: 22 Januarie 1978
    Huwelikstatus: Ongetroud
    Beroep: Produksie Koordineerder
    Opleiding: Coronationville Senior Sekondere Skool
    Produksies:  Wise Up!  Noot vir Noot
    Tans besig met: Noot vir Noot
    Geniet: Ek hou daarvan  om te reis, veral om te kamp in die bosveld. My gunsteling kos is ‘n goeie Suid Afrikaanse Braaivleis!
    E-mail:adair@noot.co.za

    Terug

    Carl Stemmet

    Carl Stemmet Gebore: 15 Januarie 1984
    Beroep: Assistent Regisseur
    Opleiding: Hoërskool Linden, AFDA (Suid-Afrikaanse Skool vir Film en Televisie), Universiteit van Pretoria (Honeurs en Meesters graad in Drama)
    Vorige en ander produksies:
    • Huis van Liefde (Mini-reeks)
    • Binnelanders
    • Tornado (Rolprent)
    • Getroud met Rugby (Kyknet Reeks)
    Geniet: Ek is mal oor fliek en lees.
    E-mail:carl@noot.co.za